Sasol Hydra Arc-rugbyklub klop Springs

0
878

Sasol Hydra Arc-rugbyklub se derde span het op Saterdag, 25 Maart met Carolina kragte gemeet, maar die wedstryd is gestop toe dit begin hael het.
Sasol se eerste -en tweede spanne het met Johannesburg Polisie kragte gemeet in Johannesburg.
Die eerstes het met 43-7 gewen en die tweedes het verloor met ’n telling van 18-22.
Die eerste span se Spelers van die Wedstryd was Zwerus Evers en Ruan van der Colff..
Die puntemakers was Jannie van der Merwe wat vyf drieë verdoel het en een strafdoel oorgekry het, Berty Visser wat twee drieë gedruk het en Steven Jacobs, Van der Colff, Shreck Kotze en Lenro Vergottini wat elkeen een drie gedruk het.
Die tweede span se puntemakers was Jacobus Byleveldt en Righ Potgieter wat elkeen een drie gedruk het. Potgieter het een drie verdoel en twee strafskoppe deur die pale gestuur.
Sasol se eerste en tweede spanne het verlede Vrydagaand (7 April) op hul tuisveld in opwarmingswedstryde met Springs kragte gemeet.
Die eerstes het Springs met 35-31 geklop.
Die eerste span se puntemakers was Jannie van der Merwe wat vier drieë verdoel het – hy is ook as die Speler van die Wedstryd aangewys-, Ruan van der Colff wat ook as Speler van die Wedstryd aangewys is en Pieter ‘Stretch’ Streicher, HJ Neethling en Christiaan Wessels wat elk ‘n drie gedruk het.
Sasol se tweede span het Springs met 52-0 verslaan . Die tweede span se puntemakers was Jacobus Byleveldt wat drieë gedruk het en ook as die Speler van die Wedstryd aangewys is, Ruben Lello wat een drie gedruk het en drie drieë verdoel het, Jonathan Swart wat een drie gedruk en een drie verdoel het, Gert Pieterse wat twee drieë verdoel het en Neoi Malihie, Xander Young en David Viljoen wat elkeen een drie gedruk het.
Sasol se derde span het Saterdag (8 April) ’n liga-wedstryd teen eMbalenhle by die Sasolklub in eMbalenhle gespeel en gewen met ’n telling van 17-10.
Die derde span se Spelers van die Wedstryd was Gert Pieters wat een drie gedruk het en een drie verdoel het en Chris Grobler en Toby Verwey wat elkeen een drie gedruk het.
Rugby-ondersteuners kan gerus Sasol se spanne ondersteun op Saterdag, 22 April wanneer die liga begin.
Die program is as volg:
13:30 – Sasol 3 teen Standerton 2
14:45 – Sasol 2 teen Nelspruit 2 (A-veld)
14:45 – Bethal teen Standerton (B-veld)
17:00 – Sasol 1 teen Nelspruit 1

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here