Suikerbekkies versier koeke

0
1347

Die Secunda Suikerbekkies, wat voorheen as die Morning Glory-tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde bekend gestaan het, het op 12 April vergader en Trudie Whittaker het vir die vroue gewys hom om ryg-werk op koeke te doen.
Die Suikerbekkies vergader weer op 10 Mei om 09:00 in Davieshof se saal.
Vir meer inligting, skakel Venessa Erasmus by 082 824 0775.
Lede het op 9 April aan ’n kompetisie wat deur Chocolate Den op Facebook aangebied is deelgeneem waar almal op hul Facebook -profiele die ‘live’-videofunksie moes gebruik en saam Paaseiers maak in hul eie huise.
Die wenners is reeds aangewys en is beoordeel volgens die hoeveelheid ‘likes’ wat lede vir hul Paaseiers op Facebook gekry het.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here