Fotograwe kom byeen

0
571

Die Hoëveldse Fotografie-klub het op Vrydag, 7 April hul maandelikse byeenkoms by die Sasol-klub gehou en die fotograwe het hul beste foto’s vir die maand ingeskryf.
Dr. Leon Pelser was die wenner in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling met sy foto Colour in Nature.
Die voorgeskrewe onderwerp vir April was Kosmos.
Pieter Goosen was die beste senior fotograaf vir die maand met sy foto Skurwe Sluiper en Gerrit Myburgh was die beste junior fotograaf met sy foto Early Morning.
Dié klub vergader were op 5 Mei om 18:00 by die Sasol-klub.
Die voorgeskrewe onderwerp vir Mei is Weerpatrone.
Vir meer inligting, skakel Pierre Jordaan by 082 465 0248.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here