Laerskool Kinross vier 100 jaar

0
1774

Leerlinge en onderwysers van Laerskool Kinross het op Vrydag, 31 Maart fees gevier om dié skool wat op 1 April 100 jaar oud geword het, se eeuwording te vier.
Al die leerlinge het Vrydag koek en koeldrank gekry en die onderwysers het soos leerlinge aangetrek.
Dit was net die afskop van die feesvieringe wat heeljaar gaan plaasvind.
Die groot fees vind vanaf 31 Augustus tot 2 September by die skool plaas.
Daar gaan stalletjies wees en vermaak vir oud en jonk.
Daar gaan motoruitstallers wees, ’n hondeskou en kompetisie, akrobatiese danse, Mnr. en Mej. Kinross Eeufees kompetisie, Laerskool Kinross se trompoppies en plaaslike sangers wat Renaldo Alberts, Angel Msizi en Shoneill insluit gaan ook optree.
Vir die manne gaan daar ’n biertent wees met rugby op die groot skerm.
Toegang is R120 per persoon en R30 vir laerskoollerelinge.
Uitstallers en belangstellendes kan Allet van der Westhuizen skakel by 071 649 3804 of die skool by 017 687 1102.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here