Tannie Poppie se Kombuis: Wortelkoek

0
1179

Bestanddele en benodighede:
Ringpan nodig – 25cm groot
4 koppies gerasperde geelwortels
1 koppie kookolie
2 en ’n halwe koppies suiker
3 ekstra groot eiers
2 en ’n halwe koppies koekmeel
1 en ’n halwe teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 en ’n halwe teelepels kaneel
1 teelepel sout
300g pekaneute of enige ander neute – fyn gekap

Aanwysings:

Verhit oond by 180 grade Celcius
Meng geelwortels olie suiker eiers saam
Sif meel bakpoeier koeksoda kaneel en sout oor geelwortel mengsel
Meng goed
Voeg neute by en meng goed gooi in ringpan
Bak 1 en half uur lank
Laat koek goed afkoel
Keer om pan uit

Versiersel:
200g margarien
2 koppies versiersuiker
250g roomkaas
2 teelepels vanilla essens
5 – 10ml koffie essens of 1 tot 2 teelepels koffiepoeier

Klits tot styf
Versier koek
Strooi neute bo-oor

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here