Ondersteun Nico vanaand by John Dorys

0
702

Nico van den Berg van Sasol-Stoeiklub is gekies vir die Suid-Afrikaanse Junior-stoeispan wat op 28 April aan die 2017 Afrika-juniorkampioenskap in Marrokko gaan deelneem.
Hy het vanjaar weer eens sy Junior Protea-kleure verwerf en hierdie is die vierde jaar wat hy aan die Afrika-kampioenskap sal deelneem. Nico was in 2015 die Afrika-stoeikampioen in die kadet-afdeling.
Hy het Woensdagaand by Panarottis gewerk om geld in te samel om na die kampioenskappe te gaan.
Die publiek kan Nico weer op 29 Maart en 5 April gaan ondersteun as hy onderskeidelik by Johhn Dorys en Spur gaan werk.
As jy Nico wil ondersteun of borg, skakel Lollie by 082 343 7800.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here