Wil jy ’n pleegouer word?

0
568

Helpende Hand het onlangs ’n spesiale platform geskep om geskikte mense te help om pleegouers te word.
Voornemende pleegouers kan by dié platform registreer en al hul vrae oor pleegsorg sal beantwoord word.
“As jy geregistreer het, sal ’n maatskaplike werker in jou area jou skakel,” het Alisha de Lange, streeksorganiseerder van Helpende Hand in Mpumalanga gesê.
“Indien jy en jou gesin graag ’n verskil in ’n getraumatiseerde kind se lewe wil maak deur aan hom of haar ’n liefdevolle en stabiele huishouding deur middel van pleegsorg of plek van veiligheid te bied, besoek gerus ons webtuiste by www.pleegsorg.co.za

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here