Tannie Poppie se Kombuis: Varkvleis Stroganoff

0
959

Bestanddele:
600g repies gesnyde varkvleis (vleis moet ’n effense vetlagie aanhê)
Sout en peper na smaak
Mielieblom
Olie
1 ui fyn gekap
250g knoppie-sampioene gehalveer
250ml suurroom
Gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
Apart gaar pasta om vleis op te sit
60ml gekapte pietersielie vir garnering

Geur vleis met sout en peper
Bestuif met mielieblom – gebruik teesiffie
Verhit olie in ’n swaarboom-pot
Braai vleis in klein hoeveelhede op ’n slag en plaas eenkant
In dieselfde pan gooi nog bietjie olie by
Verbruin ui en sampioene
Skep vleis terug in pan
Voeg suurlemoensap by
Prut vleis tot sag en sous verdik het
Roer suurlemoenskil by
Gooi oor pasta
Garneer met pietersielie

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here