#Hoërskool Secunda, Secunda, Wintersport, Hokkie, Rugby, Netbal

Hoërskool Secunda en Hoërskool Hans Moore het Saterdag op Secunda se tuisveld kragte gemeet in die NWU PUK-reeks.
Al Secunda se rugbyspanne behalwe die o.15A-span het Hans Moore geklop.
Secunda se eerste span het gewen met ’n telling van 51-13, die tweede span met 19-16, die derde span met 26-5, die o.16A-span met 45-12, die o.16B-span met 24-5, die o.15B-span met 15-12 en die o.14A-span met 19-7.
Secunda se netbalspanne het ook goed gevaar met net twee spanne wat veloor het.
Die o.17A-span en die o.15C-span het hul wedstryde verloor met tellings van onderskeidelik 12-23 en 4-9.
Die eerste netbalspan het gewen met ’n telling van 28-26, die tweede span met 22-9, die o.16A-span met 22-19, die o.16B-span met 22-0, die o.15A-span met 26-1, die o.15B-span met 18-5, die o.14A-span met 31-4, die o.14B-span met 18-10 en die o.14C-span met 28-9.
Al Secunda se hokkiespanne het gewen.
Die eerste span se wentelling was 2-0, die o.16-span s’n was 13-0, die o.15-span s’n was 5-0 en die o.14-span het ook met ’n telling van 5-0 gewen.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here