Sasol klop Sasolburg

0
1939

Sasol Hydra Arc Rugby-klub het verlede Saterdag (3 Maart) hul eerste vriendskaplike wedstryd vir die seisoen gespeel by ’n rugbydag op Nigel en geen punte is aangeteken teen Sasol se twee spanne nie.
Sasol 2 het eerste op die veld gedraf en om 16:00 afgeskop en teen Sasolburg 2 gespeel.
Die eerste punte is binne die eerste twee minute van die wedstryd aangeteken en Sasol 2 het Sasolburg 2 geklop met
’n telling van 47-0.
Sasol 2 se puntemakers vir die dag was Christo Erasmus, Ruben Lello, Righ Potgieter, Mark Jacobs en Wezi Manda wat elkeen een drie aangeteken het en Johan van Schaik en Jannie van der Merwe wat elkeen een drie gedruk het en drieë verdoel het.
Sasol 1 het om 18:00 op die veld gedraf en teen Sasolburg 1, wat die liga-wenners was in 2016, gespeel.
Sasol 1 het met ’n telling van 73-0 gewen.
Sasol 1 se puntemakers was Michael van Vuuren, Juan (Shreck) Kotze, Ruan van der Colf, Willa Martin, Shaun Jacobs, Pieter Streicher en Jannie van der Merwe wat drieë gedruk het en Werries Joubert, Steven Jacobs, Fanie Booysen, Theuns Kruger en Christiaan Wessels wat drieë aangeteken en verdoel het.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here