Sasol 1 wen Gert Sibande distrik-liga

0
846

Albei Sasol se krieketspanne het verlede Saterdag (3 Maart) wedstryde gespeel.
Dit was die laaste wedstryde vir die seisone vir Sasol.
Sasol 1 het die Gert Sibande distrik-liga gewen en algeheel vierde in die provinsie geëindig.
Sasol 1 het met Middelburg kragte gemeet op Middelburg en in die stof gebyt.
Sasol 1 het 214 vir agt in hul 50 boulbeurte gekry.
Colin van Staden was die beste kolwer en het 79 lopies aangeteken.
Middelburg het die telling in 45 beurte gekry en met vier paaltjies gewen.
Van Staden was ook Sasol se beste boulwer met drie vir 25 in 10 boulbeurte.
Sasol 2 het met eMba kragte gemeet by die Sasol-klub op Secunda en die wedstryd gewen met agt paaltjies.
eMba is uitgeboul vir 80.
Ruben Viljoen was Sasol 2 se beste bouler met vier paaltjies vir slegs drie lopies in 3.2 boulbeurte.
Pieter Vrolijk het 53 lopies nie uit nie, aangeteken.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here