Hoërskool Secunda en Hoogenhout meet kragte

0
2315

Hoërskool Secunda en Hoërskool Hoogenhout se rugby-, hokkie- en netbalspanne het verlede Saterdag (3 Maart) op Secunda se tuisveld in die NWU Pukreeks kragte gemeet.
Secunda se rugbyspanne het geseëvier en net hul tweede span het verloor met ’n telling van 15-17.
Secunda se eerste span het gewen met 32-0, die derde span 19-14, die o.16B-span met 55-0, die o.16A-span met 27-17, die o.15A-span met 44-0 en die 0.14A-span met 27-5.
Secunda se hokkiespanne het ook goed gevaar en die eerste span het gewen met ’n telling van 1-0 terwyl die tweedes verloor het met 0-2.
Die o.14-span het gelyk op gespeel met 1-1, die o.15 en o.16-spanne het gewen met onderskeidelik 1-0 en 6-0.
Secunda se eerste netbalspan het met 31-23 gewen terwyl die tweede span verloor het met 14-19.
Die o.17A-span het verloor met 13-18 en so ook die o.14B-span met 14-15 en die o.17A-span met 13-18.
Die ander spanne het gewen en hul tellings was die o.16A-span 17-11, die o.16B-span 12-6, die o.15A-span 33-6, die o.15B-span 26-4 en die o.13A-span 31-9.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here