Plaaslike stoeiers behaal plekke

0
486

Stoeiers van Sasol-stoeiklub het op 11 Februarie aan die Tuks Stoei-uitdaging in Pretoria deelgeneem en uitgeblink.
Stoeiers van landswyd, asook ’n stoeispan van Duitsland, het aan dié uitdaging deelgeneem.
Hanco Smit en Robert Jonck het deelnemers medaljes ontvang, Zak Manaia, Jordan Webb en Anru van Zyl het tweede geëindig in hul onderskeie afdelings, Colin Nienaber het vierde geëindig en Nico van den Berg derde.
Elma Webb en Manie van den Berg het as spanbestuurders opgetree en Zaack Manaia, Johan van den Berg en Nico van den Berg het as afrigters opgetree terwyl Lollie van den Berg die admin hanteer het.
By die Oos-Gauteng Ope-stoeitoernooi op 18 Februarie het Sasol-stoeiers weereens uitgeblink en Manaia het ’n derde plek behaal en Anru van Zyl en Steven Prinsloo vyfde plekke.
Die spanbestuurder was Angelique van Zyl en die afrigter was Zaack Manaia.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here