Tannie Poppie se Kombuis: Wortelpoeding

0
1518

Bestanddele:
380ml koekmeel
250ml suiker
5ml bakpoeier
5ml sout
5ml koeksoda
250ml water
125ml Botter/Margarien
1 groot eier geklits
250ml gerasperde wortels
250ml korente

Sif koekmeel, suiker, bakpoeier, sout en koeksoda saam.
Voeg water, margarien, korente, gerasperde wortels by.
Klits eier en voeg by mengsel.
Meng goed.
Gooi in gesmeerde oondbak.
Bak vir 30 minute by 180 grade Celcius.
Berei sous voor.

Sous:
250ml Lemoensap
125ml suiker
25ml botter of margarien

Verhit die lemoensap suiker tot amper kookpunt voeg botter by en roer tot suiker opgelos is en kook dan vir 5 minute.
Wanneer gaar, druk gaatjies in en gooi sous oor warm poeding sodra dit uit die oond kom.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here