Oosies kook weer

0
717

Hoërskool Oosterland se Verbruikerstudieklasse bied op 24 Februarie die vierde Oosiesjefkookkompetisie aan.
Tannie Poppie van Kokkedoor 1 is weereens die hoof-beoordelaar.
Vanjaar se program gaan egter effens verander.
Hoërskool Delmas se leerlinge kan vanjaar ook deelneem aan die kompetie, want dit vind dieselfde dag plaas as ’n wintersportkragmeeting by Oosterland.
Vanjaar se tema is potjiekos.
Deelnemers sal tussen 14:00 en 20:00 in ’n potjiekoskompetisie meeding.
Tannie Poppie sal ’n kort praatjie voor die aanvang van die kompetisie hou oor die vereistes, karaktertrekke en eienskappe van ’n potjie.
Die potjiekos gaan die aand verkoop word teen R25 per bakkie.
Kompetisietoeskouers is welkom.
Vir meer inligting, skakel Hoërskool Oosterland by 017 631 1091.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here