Hugh en Gerda wen Presidentsdag

0
659

Hugh Becker en Gerda Swanepoel is die wenners van Sasol-rolbalklub in Secunda se Presidentsdag wat die naweek gehou is.
Piet v Aswegen, het later die dag vir Gerda ingestaan as plaasvervanger toe Gerda siek geword het.
Die spelers het duidelik die dag baie geniet.
Hulle het loslit aangetrek en was vol grappies op die baan. Die Presidentsdag is gehou om geld in te samel ten bate van die klub se spelers wat binnekort aan die interprovinsiale kampioenskappe al gaan deelneem.
Die Secunda Sasol-rolbalspelers wat op die Mpumalanga-proewe gekies is om van 13 tot 17 Maart aan die interprovinsiale toernooi in Durban deel te neem, is Anette van Ryneveld en Lanie Nel. Hulle spanmaats is Vaino Prinsloo van Ermelo en Annetjie du Bruto van Standerton.
Hulle gaan deelneem as die Mpumalanga B-mansspan en Mpumalanga B-vrouespan.
Die twee A spanne bestaan uit spelers uit die Laeveld.
Secunda Sasol-rolbalklub hou op 25 Februarie die klub se vroue-enkelspelkampioenskap.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here