Tannie Poppie se Kombuis: Rooi Fluweelkoek

0
1521

100g botter
350g suiker
2 groot eiers
75ml kakao poeier
30ml kookwater
60ml rooi voedsel kleurstof
520ml koekmeelblom
5ml sout
250ml karringmelk
5ml vanilje geursel
5ml koeksoda
5ml wit asyn

Voorverhit oond tot 180 grade
Smeer 20 x 2cm losboom panne met margarien
Verroom botter en suiker saam tot lig en romerig
Voeg eiers een vir een by
Klits na elke byvoeging
Meng kakao en voedselkleursel en kookwater saam om stywe pasta te vorm
Voeg by bottermengsel en meng goed
Sif koekmeelblom en sout saam
Meng karringmelk en vanilla saam
Voeg om die beurt die droë bestanddele by bottermengsel
Meng koeksoda en asyn saam
Voeg by mengsel
Meng goed totdat dit skuim
Verdeel mengsel in 2 gelyke dele
Skep in voorbereide koekpanne
Bak sowat 30 minute of totdat pen in middel van koek skoon uitkom

Vulsel:
Haal na 30 minute uit oond
Laat koek afkoel en keer uit panne uit
Deel elke koek in helfte met garingdraadjie
Meng roomkaas en versiersuiker goed saam
Smeer tussen lae
Sit aarbeiskywe op elke laag
Sit roomkaasmensel bo-op koek met aarbeiskywe gerangskik
Rasper Flake sjokolade oor die bokant van die koek

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here