Helpende Hand bespreek projekte

0
703
Die Helpende Hand Secunda-tak het die nuwe jaar afgeskop met hul eerste vergadering op Maandag, 30 Januarie. Hiér is Christene Schoonbee, Elani van der Merwe, Alisha de Lange, Marlien Combrink, Lorraine Griffin, Cheren Geldenhuys, Marietjie en Abraham Breytenbach en Wihan Brown.

Die Helpende Hand Secunda-tak het op Maandag, 30 Januarie vergader en ’n nuwe bestuur verkies.
Die tak het onder andere hul projekte vir die jaar bespreek.
Alisha de Lange, Helpende Hand se streekorganiseerder vir Mpumalanga, het ook die vergadering bygewoon en gesê Helpende Hand se fokus is op kinders, gestremdes en bejaardes.
Helpende Hand Secunda het aan die nasionale Skooltassie-projek deelgeneem en 41 tasse aan leerlinge in Trichardt, Secunda en Evander geskenk.
Een tas kos R850 met sy inhoud wat skryfbehoeftes insluit.
Helpende Hand Secunda het ook al aan die Kosblikkie-projek deelgeneem waar hulle behoeftige kinders in kleuterskole kos gegee het op ’n daaglikse basis.
Help Hanna is Helpende Hand se derde nasionale projek en fokus op leerlinge wat nie sanitêre ware kan bekostig nie.
“Ons het agtergekom daar is meisies wat tot vyf dae van skool mis omdat hulle nie sanitêre doekies kan bekostig nie, dit is hoekom ons die Help Hanna-projek geloods het,” het Alisha gesê.
Die Studiefonds-projek is nog een van Helpende Hand se nasionale projekte en drie kinders van die Secunda-omgewing is al so gehelp om te gaan studeer.
Helpende Hand Secunda-tak se volgende vergadering is op Maandag, 27 Februarie.
As jy betrokke wil raak of wil aansluit, skakel Marlien Combrink by 082 908 6655.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here