Sasol-pare wen trofeë

0
1186

Die Sasol-rolbalklub op Secunda het op Saterdag, 4 Februarie, die Hoëveld-parekampioenskappe aangebied.
Hoewel spelers van verskeie klubs deelgeneem het, het Sasol oorheers.
Beide die trofee vir die vroue-spelpaar en die trofee vir die beste mansspelpaar is deur spelers van dié klub opgeraap.
Annette van Ryneveld en Patrys Becker het Saterdag hul wen beklink. Gustav Kruger en Lanie Nel is Sondag as die wenners van die mansspelpaar aangewys.
Rina Gibbard en Kotie van der Sandt het tweede in die parekompetisie vir vroue geëindig en Jan Labuschagne en Marius Labuschagne was tweede onder die mans.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here