Skilder Michael Parsons laat leemte

0
815
Bekende Suid-Afrikaanse skilder, Michael John Parsons, is op Dinsdag, 31 Januarie, dood.

Michael John Parsons (75), bekende Suid-Afrikaanse skilder wat vir jare op Bethal gewoon het, is op Dinsdag, 31 Januarie dood.
Voglens sy vrou, Lettie Parsons, is hy dood aan natuurlike oorsake.
Sy het hom as ’n dierbare mens en gewild onder ander kunstenaars beskryf.
Hy het in 1996 getrek vanaf Bethal na Hopetown en het later op Ellisras, Pretoria en tot sy dood toe op Nelspruit gewoon.
Hy het met ‘n vliegtuig besproeiïng vir boere gedoen en het vir 30 jaar dié beroep beoefen en vir 40 jaar geskilder.
Michael sal onthou word as een van die mees gerespekteerde kunstenaars in die land wat ander kunstenaars geinspireer het met sy kuns en nederigheid.
Hy laat sy een seun, Niel Parsons, sy vrou, Lettie, drie kleinkinders en een agterkleinkind na.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here