Sasol 1 klop Bethal

0
648
Gawie Nel van Sasol 2 kolf Saterdag tydens hul wedstryd teen Ermelo.

Sasol 1 het Saterdag met Bethal kragte gemeet en die wedstryd met ’n bonuspunt gewen met 209 lopies almal uit.
Sasol 1 het eerste gekolf en het 267 lopies aangeteken.
Dewald Erasmus en Colin van Staden was Sasol 1 se beste kolwers.
Erasmus het 118 lopies aangeteken vanaf 116 balle en Van Staden het 83 lopies aangeteken van 69 balle.
Sasol 1 se beste boulers was Dewald Erasmus en Vernon Fourie.
Erasmus het twee paaltjies vir 15 lopies in ses boulbeurte gefel en Fourie het twee paaltjies geneem vir 28 lopies in sewe boulbeurte.
Sasol 1 het die Gert Sibande Premier-liga gewen en het deurgedring na die Super 6-Playoffs wat Saterdag begin.
Sasol 1 speel op Saterdag, 11 Februarie tuis teen Delmas.
Sasol 2 het Saterdag (28 Januarie) met Ermelo kragte gemeet en in die stof gebyt.
Sasol 2 het eerste gekolf en kon slegs 96 lopies aanteken in 33 boulbeurte terwyl Ermelo soveel lopies aangeteken het in net 18 boulbeurte.
JP van Zyl was Sasol 2 se beste kolwer met 15 lopies.
Sasol 2 se beste bouler was Pieter Vrolijk met een paaltjie vir 15 lopies in vyf boulbeurte.
Sasol 2 speel op Saterdag, 11 Februarie weg teen Piet Retief.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here