Kom kyk hoe die Leeus op Secunda oefen

0
1232
Johan Rosslee van Lake Umuzi Waterfront en groot Leeus-ondersteuner, by die motor van Dillon Smit, boorling van Secunda en een van die Leeus se skrumskakels.

Lake Umuzi is die amptelike borg van die Leeusspan se besoek en oefenkamp op Secunda op 6 en 7 Februarie.
Die Leeus se Superrugbyspan sal in dié tyd by Lake Umuzi tuisgaan en van Sasol se oefengeriewe en die Sasolklub se rugbyveld gebruik maak.
Enige een van die publiek kan Maandag om 10:30 en weer om 14: 00 gaan kyk hoekom hierdie span soveel suskes op die rugbyveld behaal.
Die spelers sal ook op Dinsdag, 7 Februarie, om 10:15 vir ’n laaste oefensessie opdraf.
Volgens die organiseerders is skole welkom om hulle rugbyspanne te bring om hul helde in aksie te sien.
’n Spesiale tekensessie word vir Maandag vanaf 17:30 tot 18:30 by Eish!! beplan waar die Leeus handtekeninge aan hul ondersteuners sal uitdeel.
Die span sal die res van die aand ’n geslote funksie in die Basement-teater bywoon.
Buiten Lake Umuzi, borg AJ Safety Solutions die Leeus se energiedrankies tydens die oefensessies, Pinnacle Auto borg die bottels mineraal-water vir die oefensessies en @Water voorsien die bottels mineraal-water tydens die Leeus se ontbyte.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here