Kerk reik uit na gemeenskapsleiers

0
1539
Die Rondekerk het ook verteenwoordigers van die nooddienste in die omgewing genooi om die oggend te geniet. Voor is Shelly Shabalana (senior-bevelvoerder van die brandweerdienste in die Govan Mbeki-munisipaliteit) wat die dag ook haar verjaardag gevier het, en ds. Mariëtte Stopforth. Agter is Dan Dhludhlu (senior-brandweeroffisier by eMbalenhle se brandweerstasie), Douw Botha (senior-stasiebevelvoerder van Secunda-Brandweer), ds. Henry Stopforth en ds. Etienne Pheiffer.

Die NG Kerk Moedergemeente (Rondekerk ) op Secunda het op Donderdag (26 Januarie) gemeenskapleiers met met ontbyt en die Woord bedien.
Ds. Etienne Pheiffer het die leiers wat die oggend bygewoon het, bemoedig en bedank vir wat hul bydrae in die gemeenskap.
“Ons wil graag met jul hande vat en saamwerk om om eenheid, samewerking en vrede te bereik.”
Hy het gesê die kerk bid vir die dorp se leiers, sakelui en ekonomie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here