Internasionale afrigters bied hokkiekliniek aan

0
762
Anja Schneider, Susan Botha (Oosterland-onderwyser) en Marike Oudraad.

Twee internasionale hokkie-afrigters bied vir twee weke ’n hokkiekliniek by Hoërskool Oosterland aan.
Marike Oudraad woon in Amersfoort, Nederland en is vanaf 2011 aangestel as ’n voltydse speler-afrigter sowel as doelwagter-afrigter by HC Houten en doelwagter-afrigter van Shinty en Phoeninx Hockey in Nederland.
Sowat 250 spelers gaan daagliks deur haar hande, ses dae van die week.
Anja Schneider is ’n Sosio Pedagoog en woon in Berlyn, Duitsland.
Sy is ’n kranige hokkiespeler en hulpafrigter.
Volgens Jackie van Zyl, woordvoerder van Hoërskool Oosterland, voeg Marike en Anja se kundigheid baie waarde toe en dit boesem ongelooflike selfvertroue in by die spelers.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here