Nicus wil krieket bevorder

0
1377
Nicus Boshoff is die nuwe krieketafrigter van Hoërskool Oosterland. Hy het ook sy eie krieketkliniek, Young Guns.

Nicus Boshoff (23) het een doel voor oë: om krieket in Secunda-omgewing af te rig en te bevorder.
Dié wiskunde-onnie by Hoërskool Oosterland rig vanjaar die Oosies se krieketspanne af.
Hy het egter ook sy eie krieket-akademie, Young Guns, op die skoolgronde waarby enige kind, ongeag van ouderdom of skool, kan aansluit.
Nicus is wel nog jonk, maar sy voete is stewig geplant in die krieketwêreld.
Boonop het hy ná jare se studies om prokureur te word, besluit dat sy hart eerder by onderwys en krieket-afrigting lê.
Hy studeer tans vir HOD.
“Ek het van kleinsaf gedroom om net krieket te speel, en hoewel ek besef het dat die nasionale krieket-arena nie vir my beskore was nie, wou ek steeds krieket my lewe maak,” vertel hy.
Nicus het wel op skool en universiteit in krieket uitgeblink en het hy ook vir twee jaar op provinsiale vlak gespeel.
Hy het later laerskool-spelers en ook spanne van die Potchefstroom Gimnasium afgerig.
Hy het verlede jaar die spel van Hoërskool Rustenburg se krieketspan met rasseskrede verbeter.
Nicus het ook ’n liefde vir binnenhuise krieket.
Hy het hier al uitgedraf vir die Suid-Afrikaanse o.25-span.
Nicus bied met sy Young Guns-krieketakademie ouers die kans om die vordering van hul kind te beleef.
Aan die begin maak hy ’n video-opname en ontleet dan elke kind se tegniek, goeie punte en foute.
’n Paar maande later kan hy met behulp van ’n nuwe video-opname die vordering vir ouers verduidelik.
Fiksheid is ook baie belangrik vir enige krieketspeler.
“Ek benader fiksheidsoefening op so ’n manier dat die kind ook ter gelyketyd hand- en oog-vaardighede verbeter.
Tegniek is ook ’n groot fakotor op Nicus se belangriheidslys.
Vir meer inligting, skakel Nicus op 072 499 6022.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here