Sasol 1 klop eMbalenhle

0
693

Sasol 1 het Saterdag (21 Januarie) op hul tuisveld met eMbalenhle kragte gemeet en hulle geklop.
Sasol 1 het die loot gewen en besluit om eerste te boul.
eMba is uitgeboul vir slegs 44 lopies.
Sasol se beste boulers vir die wedstryd was Vernon Fourie met drie paaltjies vir 15 lopies in sewe boulbeurte en Dewald Erasmus met vier paaltjies vir 12 lopies in 5.3 boulbeurte.
Sasol het die wedstryd gewen met agt paaltjies.
Johan Visagie van Sasol het 22 lopies, nie uit nie, aangeteken.
Sasol 2 het met Bethal kragte gemeet en met vier paaltjies verloor.
Sasol 2 het 176 lopies aangeteken en Bethal het dié telling in die 40ste boulbeurt ingehaal.
JD van Dyk was Sasol se beste kolwer met 76 lopies en Elpee Jordaan was die beste bouler met twee paaltjies vir 31 lopies in 10 boulbeurte.
Sasol 1 speel môre teen Bethal op Bethal terwyl Sasol 2 tuis teen Ermelo speel.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here