Goedehoop is top akademiese skool

0
1345

Laerskool Goedehoop is deur Conquesta Olimpiade as ’n top akademiese skool aangewys.
Goedehoop staan eerste in Mpumalanga en het ook die eerste plek vir hul Afrikaans in Graad 3 behaal in Suid-Afrika.
Goedehoop het ook ’n tweede plek in Afrikaans Graad 5 behaal, ’n derde plek in Graad 6 en ’n derde plek in Wiskunde Graad 5.
Conquesta is ’n nasionale instansie wat deur objektiewe, eksterne eksamens die akademiese standaarde van Graad 1 tot Graad 7 in sekere vakke bepaal.
Daar is tans meer as ’n duisend deelnemende laerskole in Suid-Afrika (privaat en ou Model C-skole) wat hulle akademiese standaarde meet teenoor ander skole.
Conquesta word onderskryf deur ASTEMI (Science Technology Ingineering Mathematics Innovation) wat deur SAASTA (South African Agency for Science and Technology Advancement) gestig is.
Hiér is die onderwysers en leerlinge met die toekennings.
Hulle is (voor) Liezel Brits, Janetta Meyer, Elri de la Rey, Ruan van der Merwe en Janette Coetzee.
Agter is Philia Jansen, Sunet Ellis, Minjon Pelser, Illse Jordaan en Kristelle Hattingh.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here