Egpaar is passievol oor clivias

0
1655
Japie ne Joan van Vuuren leef hul passie uit op Kriel waar hulle met clivias kweek.

Japie en Joan van Vuuren van Kriel het albei ’n liefde vir clivias en hul tuin is ’n sprokiesland van clivias in elke kleur.
Die egpaar behoort aan die Noordelike Clivia-klub in Pretoria by die Botaniese Tuine.
Joan het eers orgidieë in haar tuin gehad, maar sy het dit uitgehaal en clivias begin plant.
“Die orgidieë werk nie hier nie, dit is te koud,” het sy gesê.
Sy het in 2006 ’n clivia-konferensie in Pretoria bygewoon en dis waar die gogga haar gebyt het.
Japie het sy eerste clivia in 2003 gekoop.
Die egpaar is in 2009 getroud.
Sommige clivias, veral die geel blomme, is hoog in aanvraag en dié plante kan tot soveel as R36 000 kos.
Japie doen kruisbestuiwing met die plante. “Ek het dieper gekyk as die groen blaar,” het hy gesê.
Die egpaar het tonnels vol clivias. Sommige van dié plante is vanaf Japan ingevoer en van hulle neem tot twee jaar om te blom.
’n Mens kan selfs die plant registreer en vernoem na iemand.
Hulle het al verskeie medaljes ingeryg by die Clivia-skou.
Daar is verwarmers vir die koue wintermaande om die clivias warm te hou.
“’n Clivia is soos ’n kind, jy moet hom versorg en kosgee,” het Japie gesê.
Die egpaar bestee graag tyd in hul clivia-tuin en het selfs ’n tenk wat reënwater opvang wat hulle vir die plante gebruik.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here