Lolla geniet Jamaika

0
1657
Lolla Mokoena saam met Usain Bolt by sy oefenkamp in Jamaika.

Lolla Mokoena, ’n leerling van Hoërskool Secunda, het in Desember die geleentheid gehad om vir 10 dae saam met Usain Bolt by sy oefenkamp in Kingston, Jamaika te oefen.
Lolla was een van net ’n paar atlete van Suid-Afrika wat gekies is vir dié geleentheid.
Sy het gesê sy het die oefenkamp baie geniet en dat die mense in Jamaika baie rustig is.
“Ek het baie geleer van een van die beste atlete,” het Lolla gesê.
Die media het Lolla by die lughawe ingewag toe sy weer in Suid-Afrika geland het op 21 Desember.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here