Geraldine het ongewone diere

0
2776
Geraldine Stoffberg met een van haar mak apies.

Geraldine Stoffberg het ’n passie vir diere en het verskeie ongewone troeteldiere wat jy nie in ’n gewone huishouding sal kry nie.
Van die vreemde diere wat Geraldine het sluit in klouapies (Marmoset), wolmuise (Chinchillas), leeu-apies (Golden Hand Tamarin), Egiptiese eekhorings en Buidelrotte (Sugar Gliders).
Meeste van haar diere het name en haar twee monnik-apies (Capuchin), Benjie n Bella is soos haar twee babatjies.
Hulle word daagliks uit hul hokke gehaal en mee gespeel.
Geraldine se droom is om ’n pret-plaas met verskeie diere soos perde en ponies onder andere te begin.
“Ek is dol oor diere wat jy nie elke dag sien nie,” het sy gesê oor haar stokperdjie om soveel vreemde diere aan te hou.
“Ek hou my diere in hokke aan, maar hulle is in hokke geteel en sal nie kan oorleef in die natuur nie.”
Geraldine was van kleins af lief vir diere, maar sy glo die gogga het haar gebyt toe sy vyf jaar oud was toe hulle in die Kaap was en ’n diere-park wat apies en allerhande diere aangehou het, besoek het.
“Al die apies en ander diere het bo-op my geklim en sit,” het sy vertel.
“Die diere is ’n 24/7-werk, maar ek geniet dit.”
Geraldine en haar man is by die Knights Secunda Motorfiets-klub betrokke en gaan graag op uitstappies met hul motorfietse as hulle kans kry.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here