Beginners vaar in eerste regatta

0
672

Hoëveld-seilklub het die afgelope paar naweke opleiding aan beginners gegee.
Die kommodoor, Jasper Coetzee, het beginners geleer hoe om hul seiljagte reg op te slaan en hulle het ook verskillende seil-tegnieke geleer.
Die seilklub het in November die Halcat nasionale seilkampioenskappe aangebied.
Die wenner van dié kampioenskappe is Roger Hill.
Kyle Boman het tweede geëindig en Rob Samways derde.
Jeandre Landman was die wenner onder die junior seiljagvaarders terwyl Dian Landman tweede geëindig het en Jean-Jazues Lock derde.
Beginners het op Saterdag, 3 Desember hul opleiding voltooi en aan hul eerste regatta deelgeneem.
Die wenner van die regatta is Eugene Thornhill.
Sean Boyley het tweede geëindig, Wayne Thornhill derde, Dries Lategan vierde en Christo en Anita Kriek vyfde.
Die seilklub sal vroeg in volgende jaar weer begin.
Vir meer inligting, skakel Jasper by 082 467 0999.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here