Sasol 1 verslaan Sasol 2

0
593
Ignus Koekemoer van Sasol 1 duik Saterdag vir die bal in hul wedstryd teen Sasol 2.

Sasol 1 en Sasol 2 het Saterdag by die Sasol-krieketklub in Secunda kragte gemeet en Sasol 1 het die wedstryd gewen met agt paaltjies.
Sasol 1 het die loot gewen en besluit Sasol 2 moet eerste kolf.
Sasol 1 het Sasol 2 uitgeboul vir 70 lopies en die wenspan se bester bouler was Ignus Koekemoer met drie vir 21 in sewe boulbeurte.
Sasol 2 se beste kolwer was Reinhard Gunter met 36 nie uit nie.
Spelers vat nou ’n breuk en begin op 10 Januarie weer oefen.
Vir meer inligting, skakel Ignus by 072 765 5443.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here