Bethal VLU vier 88 jaar

0
859
Ingrid Human het ’n sertifikaat van die Bethal VLU-tak ontvang vir haar bydrae om Bethal ’n beter plek te maak. By haar is Wilna Redelinghuis (sekretaresse) en Esther Booysen (voorsitter).

Lede van die Bethal VLU-tak het op 18 Oktober dié tak se 88ste verjaarsdag gevier met ’n ete by La Bella Donna Restaurant.
Die VLU se streeksvoorsitter, Annetjie de Beer asook oud-lede het die vieringe bygewoon.
Ingrid Human het ’n sertifikaat van die VLU ontvang vir haar bydrae om Bethal ’n beter plek te maak.
Lede van die Bethal-tak het op 10 November ’n streeksvergadering op Kinross bygewoon en op 15 November het hulle hul jaar afgesluit met ’n ete by Symphony’s Restaurant op Secunda.
Alle lede en belangstellendes is genooi na dié tak se eerste vergadering volgende jaar wat op 17 Januarie plaasvind.

Ingrid Human het ’n sertifikaat van die Bethal VLU-tak ontvang vir haar bydrae om Bethal ’n beter plek te maak. By haar is Wilna Redelinghuis (sekretaresse) en Esther Booysen (voorsitter).
Ingrid Human het ’n sertifikaat van die Bethal VLU-tak ontvang vir haar bydrae om Bethal ’n beter plek te maak. By haar is Wilna Redelinghuis (sekretaresse) en Esther Booysen (voorsitter).

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here