Klub vereer stoeiers

0
643

Sasol-stoeiklub in Secunda het op Saterdag, 5 November hul lede vir uitnemende prestasies vereer.
Wisseltrofeë is oorhandig aan die beste stoeiers in hul onderskeie ouderdomme.
Dié stoeiers is Rei van Niekerk, Berno Groenewald, Ludolph Steenkamp en Anru van Zyl.
Marnus Groenewald het die trofee ontvang vir die beste gevorderde beginner en Divan and Zandré Smit deel die trofee vir die moedigste stoeier.
Nathan Webb is as die beste Kadet-stoeier aangewys.
Hy en sy broer Jordan deel die trofee vir stoeiers wat ’n tweede of derde plek op Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal het.
Jordan het ook ook die toekennings ontvang as beste o.10 jaar-stoeier en die mees wetenskaplike stoeier tussen die ouderdom van 9 en 11 jaar.
Jaden Grobler is die klub se beste stoeier onder die ouderdom van 11 jaar.
Zak Manaia is vereer as beste 0. 8-stoeier, beste Muggie-stoeier, bes-gevorderde beginner, en die mees wetenskaplike stoeier tussen die ouderdom van 6 en 8 jaar.
Nico van den Berg is al ’n plaaslike legende in stoeikringe.
Dié Afrika-kampioen het by sy klub die trofeë ontvang vir beste junior stoeier, Beste Senior stoeier; Beste stoeier vanaf die ouderdom van 13 tot senior-stoeiers, beste Vrystyl-presidentstoeier; beste Grieks-Romeinse presidentstoeier, beste provinsiale Grieks-Romeinse stoeier en die beste provinsiale Vrystyl-stoeier.
Hy het ook toekennings ontvang vir die Stoeier wat die Meeste Wedstryde gewen het, die Stoeier met die meeste punte vir eerste, tweede en derde plekke; die mees wetenskaplike Kadet-Junior-Senior-stoeier; die Algehele Grieks-Romeinse stoeier van die jaar en die Algehele Vrystylstoeier van die jaar.
Nico het ook trofeë verower vir die stoeier wat ’n eerste plek op ’n Suid-Afrikaanse kampioenskap behaal het en vir deelname aan internasionale kampioenskappe.
Hy het die trofee vir stoeiers wat ’n tweede of derde plek behaal het, gedeel.
Manie van der Berg is beloon met die meriete trofee vir getroue diens gelewer in 2016.
Leon en Anemarie van Heerden het ook ’n trofee vir diens in 2016 ontvang.
Zaack Manaia is vereer as provinsiale afrigter in 2016, Brandon Rokebrand as provinsiale skeidsrgter en Denise Möhr as provinsiale spanbestuurder.
Elma Webb het ’n trofee ontvang vir erkening as spanbestuurder op Suid-Afrikaanse vlak.
Chanell Manaia het erkenning ontvang vir getroue diens gelewer gedurende 2016 en haar bydrae as Mediese Beampte in 2016.
Lollie van den Berg het die meriete trofee vir getroue diens in 2016 ontvang.
Sy het ook ’n toekenning as administratiewe beampte op Suid-Afrikaanse vlak ontvang.
Johan van den berg het die meriete trofee ontvang vir getroue diens in 2016 en vir sy optrede as Suid-Afrikaanse afrigter en skeidsregter.
Die stoeiklub het ook hul nuwe uitvoerende bestuur vir 2017 en 2018 aangewys.
Hulle is Manie van den Berg (beskermheer), Johan van den Berg (president), Elma Web (adjunkpresident), Lollie van den Berg (ere-sekretaris) Angelique van Zyl (ere-hulpsekretaris en tesourier), Nico vanden Berg (hoofafrigter), Nathan Webb (hoofskeidsregter) en Annemarie van Heerden (sameroeper van die vrouekomitee).
Die addisionele lede is Leon van Heerden, Laura Steenkamp, Nico Prinsloo en Elza Prinsloo.

sasolstoeiklub
Dié lede van Sasol-stoeiklub het trofeë gewen tydens dié klub se prysuitdeling wat onlangs gehou is.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here