A-gholfspan eindig tweede

0
451

Laerskool Goedehoop se A-gholfspan het op 24 Oktober aan die Hoëveldrif-liga deelgeneem en tweede geëindig in die Zero-voorgee-afdeling.
Dié span het ook op 31 Oktober in die Mpumalanga-eindronde deelgeneem en weer eens tweede in die Zero-voorgee-afdeling geëindig.
Hulle is dus die naaswenners in Mpumalanga.
Die span gaan einde November aan die Interprovinsiale Skole-gholf-kampioenskap op Ellisras deelneem.
Die A-span bestaan uit Ruan de Villiers, Diederik van der Walt, Kobus van Heerden en Divan Venter.

ls-goedehoop-gholfa

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here