Janelle Huis het weer ‘n ma

0
654
Joyce Mahlangu werk al 14 jaar by Janelle Huis en Selna Bouwer het op 1 September as die nuwe huismoeder by Janelle Huis begin.

Selna Bouwer het op 1 September as die nuwe huismoeder by Janelle Huis begin werk.
Matilda van der Merwe, die vorige huismoeder, is op 18 Augustus dood, vermoedelik aan ’n bloeiende maagseer.
Janelle Huis is ’n veilige plek waar kinders wat uit moeilike omstandighede kom of by hul ouerhuise weggeneem is, tuisgaan.
Selna het op Secunda grootgeword en het ná skool studeer om ’n verpleegster te word, maar sy het nie klaargemaak nie.
“Dit was te traumaties vir my toe my eerste 9-jarige pasiënt dood is en ek niks vir haar kon doen nie,” het Selna gesê.
Sy het toe onderwys gaan studeer en by verskeie kleuterskole gewerk.
Sy was die afgelope paar jaar ’n huisvrou voordat sy by Janelle Huis begin werk het.
Sy het voorheen gereeld by Janelle Huis afgelos as hulle iemand nodig gehad het.
Selna was nog altyd lief vir kinders.
Sy was een van 10 kinders in die huis en sy is gewoond aan groot gesinne.
In haar vrye tyd hekel of brei sy graag of sy verf.
Joyce Mahlangu is Selna se regterhand en werk al 14 jaar by Janelle Huis.

Joyce Mahlangu werk al 14 jaar by Janelle Huis en Selna Bouwer het op 1 September as die nuwe huismoeder by Janelle Huis begin.
Joyce Mahlangu werk al 14 jaar by Janelle Huis en Selna Bouwer het op 1 September as die nuwe huismoeder by Janelle Huis begin.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here