Bulldogs klop Ermelo Frogs

0
583

Die Bethal Bulldogs en die Frogs van Ermelo het op Saterdag, 5 November op Hoërskool Secunda se krieketveld kragte gemeet.
Die Bulldogs het die Frogs geklop met ’n telling van 206 vir 7 paaltjies in 20 boulbeurte en die Frogs uitgeboul vir 97 lopies.
Mbasa Poyana van die Bulldogs was die beste kolwer en het 61 lopies aangeteken en die beste bouler was Francois Buys met drie paaltjies vir 22 lopies.
Die Bulldogs speel komende Saterdag teen Bakenveld by die Mpumalanga-Krieketunie in eMalahleni (Witbank).

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here