Sasol-rugbyklub vereer beste spelers

0
1696
Pieter Streicher is as die spelers speler van die jaar aangewys. Hiér is Attie en Mariëtte Kruger saam met hom by die prysuitdeling.

Sasol HydraArc-rugbyklub het Saterdag hul jaar afgesluit en hul beste spelers beloon.
Mariëtte Kruger (bestuurslid) het gesê God het die span geseën om as wenners van die Premiersliga en die Premier-uitklopliga 2016 weg te stap.
Sy het gesê: “Eerstens wil ons al ons borge, groot en klein, bedank.
“Sonder julle ondersteuning sou ons nie ons potensiaal kan uitleef nie.”
Die rugbyklub se borge is Sasol, HydraArc, Southey Contracting, Stanley Inspection, Elegance Electrical, RA Electrical, C&C Staal, Proconics, Highveld Technical Services, Secunda Framers, Trappers en Lake Umuzi.
Die spelers wat vereer is, is Werner Joubert (speler en hoofafrigter), Pablo Swanepoel (kaptein), JH Neethling, Steven Jacobs, Sibi Masina, Zwerus Evers, Pieter Streicher (man van die toernooi) vir hul spel in die nasionale Amateurstoernooi as deel van die Puma-Hoëveldspan. Hulle was ook die plaatwenners.
Attie en Mariëtte Kruger is as spanbestuurders vir dié toernooi aangestel.
Ander spelers wat beloon is vir hul spel in die Interprovinsiale sewestoernooi as deel van die Puma-Hoëveld 7s-span is Steven Jacobs, HJ Neetling, Juandre Kleynhans en Shaun Jacobs. Hulle was die skuldwenners van die toernooi.
Mariëtte is beloon vir haar optrede as spanbestuurder vir die Pumas se vroue-7s-span en die bowl-wenners. Sy het ook die 15-tal vrouerugby en 7s op die Puma-Presidentsraad verteenwoordig.
Spelers wat vereer is vir beste bywoning, is Pablo Swanepoel (Priemiersliga), Pieter Meyer (Burgemeestersliga) en Skhumbuzo Kubheka (Reserwe-liga).
Die spelers in die eerste span wat presteer en Premiersliga-toekennings ontvang het, is Rudi Vorster (beste verdediger), Sibi Masina (beste voorspeler), HJ Neetling (beste agterspeler), Pablo Swanepoel, Neetling en Fanie Booysen (beste kombinasie), Pieter Streicher (mees aanvalende speler van die jaar en die spelerskeuse vir Speler van die Jaar), Steven Jacobs (mees veelsydige speler en geesbouer van die jaar), Juandré Kleynhans (beste opkomende speler/nuweling), Shaun Jacobs (beste vordering deur die jaar), Adriaan Pienaar (Diesel-trofee vir uithouvermoë), Liané, Kealeb en River (ondersteuners van die jaar), Pablo Swanepoel (Moeilikheidmaker van die jaar, geelkaarte), Rian Boshoff (klubman van die jaar), Jean Olivier (sportmanskap), Attie en Mariëtte Kruger (bestuurslid van die jaar) en Werner Joubert (verdienstelikheid vir onbaatsigtigheid).
Sasol se eerste span is ook aangewys as die span van die jaar.
Die spelers van Sasol se tweede span wat Burgemeestersliga-toekennings ontvang het,is André Wittstock (beste verdediger), Pieter Meyer (beste voorspeler), Antonie van Jaarsveld (beste agterspeler) en Deon Jonker (speler van die jaar).
Die spelers van Sasol se derde span wat toekennings ontvang het, is Mzwakhe Elias Mahlangu (beste verdediger), Sunday Moshani (beste voorspeler) en Sphelo Jama (beste agterspeler).
Mariëtte het die spelers vir hul harde werk deur die jaar bedank.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here