Hendrik en Sonia vier goue huweliksherdenking

0
836
Hendrik en Sonia Nel van Kriel het op 15 Oktober hul 50ste Huweliksherdenking gevier.

Geduld en vreedsaamheid.
Dié twee eienskappe is hoekstene van hul lang en gelukkige huwelik meen Hendrik (72) en Sonia (68) Nel van Kriel.
Hulle het op Saterdag 15 Oktober hul 50ste huweliksherdenking gevier.
Dié egpaar het as jong werkendes mekaar by ’n kerkgeleentheid ontmoet. Volgens Hendrik is hulle steeds verlief op mekaar, maar het hul huwelik staande gebly omdat hulle albei mense is wat nie maklik tou opgee nie.
“Dit het maar baie geduld en vreedsaamheid geverg om ’n goeie huwelik te behou.”
Die Nels het in 1978 op Kriel ingetrek. Drie seuns, Hendrik, Gerhard en Rudi, is uit die huwelik gebore.
Die Nel-egpaar het vandag ses kleinkinders en een agterkleinkind.

Hendrik en Sonia Nel van Kriel het op 15 Oktober hul 50ste Huweliksherdenking gevier.
Hendrik en Sonia Nel van Kriel het op 15 Oktober hul 50ste Huweliksherdenking gevier.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here