Slimkop kan redeneer

0
646

Charné Naude, Hoërskool Secunda se nuut verkose hoofmeisie vir 2017, het verlede Vrydag die eerste plek in die nasionale  Radikale Redenaars se afdeling vir voorbereide Poësie en Lees verwerf.
Sy het ’n gedig van Breyten Breytenbach uit sy bundle, Lady One, gedoen.
Die eindronde was gehou by Hoërskool Garsfontein in Pretoria.
Charné het reeds op laerskool met redenaars om beter kommunikasievaardighede te ontwikkel en om te leer om gemaklik voor mense te kan gesels.
“Redenaars is my groot liefde.
“Dit is ’n kultuur-aktiwiteit waar ’n mens groei en bou.
“Dit is ’n geleentheid waar jy jou opinie kan lug en sê waarvoor jy staan in die lewe.
“Ek glo as jou drome jou nie bang maak nie, droom jy nie groot genoeg nie!”
Charné neem jaarliks aan die ATKV-redenaarskompetisie en die Radikale Redenaarskompetisie deel.
“Ek besluit nog oor wat ek ná skool wil gaan doen.
“Ek oorweeg aptekerswese, geoktrieerde rekenmeester of tandheelkunde,” vertel sy.
“My motivering in die lewe staan geskrywe in JEREMIA 29:11: Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! “
Charné is ’n diereliefhebber en ’n kranige hokkiespeler.
Sy is op Hoërskool Secunda se jaarlikse Top 10.

gr-11g-naude-charne_-export-port1

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here