Karin sterf maand na aanval

0
437

Tannie Karin Horn (76) is op Donderdag, 13 Oktober, net bietjie meer as ’n maand ná vier mans haar wreed aangerand het, dood.
Die mans het toegang tot Karin se huis verkry en haar geskop en geslaan en later in haar eie bakkie gelaai, ontvoer en in ’n veld afgelaai.
Sy het toe tot by die hoofpad gekruip waar lede van Leandra-polisiestasie haar gevind het en eers na Lebohang-kliniek en toe later na Evander-hospitaal geneem het.
Karin is later vanuit Evander-hospitaal ontslaan en was by die huis, maar haar toestand het verswak en sy is toe in ’n privaat hospitaal in eMalahleni (Witbank) opgeneem.
Die gemeenskap het geld ingesamel om te help met die mediese rekeninge omdat Karin nie ’n mediese fonds gehad het nie.
Sy was vir langer as drie weke aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel.
Haar long was erg beskadig en sy het hoofbeserings opgedoen tydens die aanval.
Haar begrafnis vind op Maandag, 24 Oktober om 11:00 vanuit die Gereformeerde Kerk op Eendracht plaas.

tannie-karin

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here