Halcat Nasionale Seil-kampioenskappe vind die naweek plaas

0
788
Seiljagters neem in September aan die Commodore Cup Regatta by Trichardtsfonteindam deel.

Die Hoëveld-seilklub het in September hul algemene jaarvergadering asook die Commodore Cup Regatta aangebied wat uit drie resies-sessies bestaan het.
Altesaam 11 seilbote het aan dié regatta deelgeneem en Wayne Thornhill was die wenner.
Wayane se pa, Eugene Thornhill, het tweede geëindig en Jeandre Landman was derde.
Die Halcat Nasionale Seil-kampioenskappe vind die naweek by Trichardtsfonteindam plaas.
Dié kampioenskappe is deel van die Secunda Springfest wat verlede naweek begin het en nog tot die naweek duur.
Boeie wat as punte gebruik gaan word waarom die seiljagte moet seil, is deur plaaslike besighede wat Timbercity, BMW, House of Tiles, Lake Umuzi Waterfront, Sign Lady en TyreMart, insluit, geborg.
Volgens Magda van Lienden, lid van die Hoëveld-seilklub, is die boeie meer opsigtelik weens hul kleur en grootte en hulle dryf maklik.
Sy het namens die klub, al die borge bedank.
Die klub het reeds 27 inskrywings vir die nasionale kampioenskappe ontvang en inskrywings sluit môre-oggend.
Van die besoekers gaan die naweek by die dam kamp.
Alle besoekers is welkom om na die langafstand swemkompetisie wat voor die kampioenskappe plaasvind te kyk, asook na die BMW motorfiets-uitdaging.
Toegang is gratis en daar sal kos en koeldrank te koop wees.
Besoekers is welkom om ook hul pieniekmandjies saam te bring.
Veiligheid is prioriteit vir die seilklub en drie reddingsbote sal op die dam wees.

Die Hoëveld-seilklub het nuwe boeie gerky wat deur verskeie plaaslike besighede geborg is.
Die Hoëveld-seilklub het nuwe boeie gerky wat deur verskeie plaaslike besighede geborg is.
Seiljagters neem in September aan die Commodore Cup Regatta by Trichardtsfonteindam deel.
Seiljagters neem in September aan die Commodore Cup Regatta by Trichardtsfonteindam deel.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here