Secunda Gee Om-Projek groei

0
932

Die Eastside Spar in die sentrale sakekern het hande geneem met die ATKV-Kosmosrandtak.
Tracey van Wyk en haar span van die ATKV het vroeër in September die projek, Secunda gee om, bekend gestel.
Met dié projek samel die ATKV geld in om kankerpasiënte en hul gesinne by te staan en ook om bewusmaking en voorkoming van kanker te bevorder.
Strikke vir bewusmaking van kanker is nou by Eastside Spar ook te koop teen R20 per strik.
Belangstellendes kan geel strikke koop vir kinderkanker vir September of pienk strikke vir borskanker en vrouekanker vir Oktober of blou strikke vir manskanker vir November of pers strikke vir enige kanker of groen strikke vir klierkanker.
Die Sasol-vulstasie in die sentrale sakekern, Laerskool Secunda en Marietjieskool ondersteun ook dié projek en die bome by bogenoemde plekke is reeds met gekleurde strikke versier.
Strikke sal by Marietjieskool se Lentemark wat van af 23 tot 30 September plaasvind, ook te koop wees.
Vir meer inligting, skakel Tracey by 074 103 6381.

Strikke ten bate van kankerpasiënte, is nou by die Eastside Spar ook beskikbaar. Hiér is Yolandi Ferreira (ATKV Kosmosrand-tak) by Vergia Wesso, Gerhard Vermaak en Nick Mathios (bestuurders van Spar).
Strikke ten bate van kankerpasiënte, is nou by die Eastside Spar ook beskikbaar. Hiér is Yolandi Ferreira (ATKV Kosmosrand-tak) by Vergia Wesso, Gerhard Vermaak en Nick Mathios (bestuurders van Spar).

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here