Eben Louw groet polisie

0
517

Lt. kol. Eben Louw van Secunda is Woensdag, 21 September, met ’n vrolike afskeidfunksie by die Secunda-polisiestasie vaarwel geroep.
Eben tree vandeesmaand af ná 38 jaar as polisieman.
Hy was sedert 1987 ’n speuder en het later jare sy kennis gebruik om jong speurders in die provinsie op te lei.
“Dit is waarskynlik die deel van my loopbaan in die polisie wat ek die meeste geniet het,” vertel hy.
Eben beoog om die veiligheidsbedryf te betree.
Hier is hy saam met kol. Willie Nel (Secunda se stasiebevelvoerder).

eben2

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here