Karin is steeds in hospitaal

0
1077
Karin Horn is erg aangerand.

Karin Horn (76) is in ’n ernstige toestand in ’n privaat hospitaal nadat sy op Maandag, 29 Augustus erg deur vier mans in haar huis op Eendracht aangerand, ontvoer en later in ’n veld afgelaai is.
Lede van Leandra-polisiestasie het haar langs die pad gekry en eers na Lebohang-kliniek en later na Evander-hospitaal geneem.
Sy is ontslaan en was by die huis, maar is op 5 September na ’n privaat hospitaal geneem ná haar toestand weer verswak het.
Karin het nie ’n mediese fonds nie en haar mediese kostes beloop reeds duisende rande.
Sy is in die hoësorg-eenheid van die hospitaal en is aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel.
Haar hospitaalrekening styg daagliks met sowat R15 000.
Die prokureursfirma, Cronje De Waal-Skhosana Inc het ’n trust-rekening oopgemaak om sodoende vrywillige skenkings te ontvang en Karin se mediese uitgawes te help betaal.
Schalk de Waal en Magda Needham het almal wat reeds gehelp het en bygedra het, bedank.
As jy ’n bydrae wil maak, skakel Cronje De Waal-Skhosana Inc by 017 631 2960.
Die fonds se bankbesonderhede is: Cronje De Waal-Skhosana Inc, Absa Bank Secunda, rekeningnommer 404 856 6022, takkode 632 005, verwysing H2000 171.

Karin Horn is erg aangerand.
Karin Horn (76) is op Maandag, 29 Augustus wreed aangerand en ontvoer deur vier mans.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here