Webers wys staal by Aussies se Ironman-stryd

0
377
Pa en seun, Willie en Willem Weber het vroeër in September aan die Ironman en Ironkids-wedlope in Australië deelgeneem.

’n Plaaslike atleet, Willie Weber, het op Sondag, 4 September aan die Ironman 70.3 Wêreld-kampioenskap in Queenslaand, Australië deelgeneem.
Dié byeenkoms bestaan uit 1.9km swem in die see, 90.1km fietsry en ’n half marathon van 21km.
Willie het in Januarie aan die Standardbank Ironman 70.3 Suid-Afrika byeenkoms in Oos London deelgeneem en gekwalifiseer om Australië toe te gaan.
Meer as 3 000 atlete wêreldwyd het by 83 verskillende Ironman 70.3 byeenkomste gewedywer vir ’n uitnoding na Australië.
Willie het sy eie persoonlike beste tyd in Australië verbeter en die kompetisie in 5 uur 12 min 32 sek te voltooi.
Hy beklee tans die 112de posisie in sy ouderdomsgroep en die derde plek in Suid-Afrika.
Sport is in Willie en sy gesin se bloed.
Sy vrou, Lucie, en seun, Willem is ook saam na Australië.
Lucie het op 2 September aan die 10km Ironlady Strandloop deelgeneem en Willem, ’n graad 3-leerling by Laerskool Kruinpark, het op 3 September aan die Ironkids Wedloop.
Hulle het 100m geswem, 1km fietsgery en 500m gehardloop.
Willem was die enigste deelnemer van Suid-Afrika en daar het sowat 110 kinders aan die Ironkids deelgeneem.

Willie Weber  voltooi die Ironman in Australië.
Willie Weber voltooi die Ironman in Australië.
Pa en seun, Willie en Willem Weber het vroeër in September aan die Ironman en Ironkids-wedlope in Australië deelgeneem.
Pa en seun, Willie en Willem Weber het vroeër in September aan die Ironman en Ironkids-wedlope in Australië deelgeneem.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here