Vier nasionale braaidag by Biltong en Braai Fees

0
1505
Brendan Peyper is een van die sangers wat Saterdag by die Biltong en Braai Fees optree.

Die Hoërskool Secunda/Goudveld Slaghuis Biltong en Braai Fees vind op Saterdag, 24 September (nasionale braaidag en erfenisdag) by die skool plaas.
Toegang is R50 vir volwassenes en R10 vir kinders onder 18 jaar.
Die fees begin om 08:00 en sal tot 17:00 duur.
Daar gaan ’n PWC Braai Restaurant met eg Suid-Afrikaanse disse wees wat boereworsrolle, sosatierolle, roosterkoeke, skaap op die spit, slaaie, droëwors en biltong (wildsbiltong) insluit.
Daar gaan ook ’n mallemeule wees en Georgie’s Inflatables Waterpark wat R30 per persoon gaan kos.
Nog aktiwiteite sluit in die Nostalgia Kunstemark, Iemas 4×4 Pretdag met pretritte deur die Secunda 4×4-klub en verskeie motorhandelaars wat 4x4s gaan uitstal.
Die jaarlikse Hoërskool Secunda se interklas-kaskarwedren vind ook op dié dag plaas en daar gaan ook ’n teetuin wees waar feesgangers hul dors kan les.
Sonja en Tjokker, Renaldo Alberts, Willem Botha, Lianie May, Brendan Peyper, Jey, Leah en Jay en Lianie May se duet optrede sal by die REMAX/Std Bank se ‘live entertainment’ verhoog te sien wees.
Feesgangers kan self bleis braai by die REMAX-familie-braaiarea.
Goudveld Slaghuis se braaipakkies sal te koop wees teen R50 en die braaiers, vure en braaitange sal voorsien word.
Feesgangers gaan ook die kans hê om minderbevoorregtes te help deur deel te neem aan die Braai 4 Charity ten bate van die Lighthouse Children’s Home.
Betaal R20 en braai ’n stukkie wors vir die kinders van Lighthouse Children’s Home.
Die geld gaan gebruik word om die kinders se kamers en algemene leefruimte op te knap.
Hoërskool Secunda se skakelbeampte, Paul van den Berg, het gesê: “Die doel van die dag is om soveel as moontlik mense te kry om saam met ons te braai op nasionale braaidag.”
Dié fees word vanjaar vir die derde jaar aangebied en het voorheen al sowat 2 500 mense getrek.
Feesgangers kan hul eie kampstoele en sambrele saamneem.
Geen kos, alkohol, drinkgoed of vuurwapens sal op die feesterrein toegelaat word nie.
Die sektorpolisiëringsforum (CPF) gaan vir die sekuriteit sorg vir die dag.

willem-botha
Willem Botha tree Saterdag by die Biltong en Braai Fees op.
Sonja en Tjokker gaan Saterdag by die Biltong en Braai Fees optree.
Sonja en Tjokker gaan Saterdag by die Biltong en Braai Fees optree.
Plaaslike sanger, Renaldo Alberts tree Saterdag by die Biltong en Braai Fees op.
Plaaslike sanger, Renaldo Alberts tree Saterdag by die Biltong en Braai Fees op.
Lianie May tree Saterdag by die Biltong en Braai Fees op.
Lianie May tree Saterdag by die Biltong en Braai Fees op.
Brendan Peyper is een van die sangers wat Saterdag by die Biltong en Braai Fees optree.
Brendan Peyper is een van die sangers wat Saterdag by die Biltong en Braai Fees optree.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here