Dr Pelser soek sy foto’s

0
545

Dr. Leon Pelser, die dokter wat so graag foto’s neem ene ook al pryse met sy foto’s gewen het, se tas en skootrekenaar is gisteraand vanuit sy voertuig by Multilink-konferensiesentrum op Trichardt gesteel.
Toe hy omstreeks 21:00 na ’n lesing by sy voertuig kom het hy opgemerk sy besittings is weg.
Hy vermoed die diewe moes hom dopgehou het en ’n knoppie op ’n afstandbeheer gedruk het sodat sy voertuig nie kon sluit nie want die voertuig se vensters was nie stukkend nie.
Sy grootste verlies is die geheue-kaarte en geheue-stokkies met sy nuutste foto’s op.
“Die diewe kan maar my skootrekenaar en tas en alles gaan smous, ek soek net my foto’s terug, hulle kan niks met dit doen nie,” het hy gesê.
Hy het die voorval by die polisie aangemeld en gevra as iemand sy geheue-kaarte en geheue-stokkies in ’n veld of êrens optel, om hom te skakel by 017 648 2520.

crime2

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here