Speel gholf en wen R10 000

0
553

R10 000 sal joune wees as jy ’n kolhou (hole-in-one) slaan op die NG Kerk Trichardt se gholfdag volgende naweek.
Die kerk bied ’n gholfdag aan op Saterdag, 10 September by Walkerpark-golfklub.
Die formaat vir die dag se spel is ‘n ‘4-Ball IPS’.
Elke speler neem deel op sy voorgee en die indiwiduele speler wat die hoogste punte behaal, is die algehele wenner vir die dag.
Goeie ‘Top 10’-pryse word beoog, asook kompetisie- en ander bykomende pryse.
’n Duursame braaier en ’n hele skaap kan ook gewen word.
Volgens ds. Coen Sutton is die grootste borge vir die dag Nico Higgs, die eienaar van Modern Collision Repair op Trichardt, Jaen Pieterse van Trichardt Crushers en Riaan Pieterse van CCI.
Nico Higgs het ’n bykomende prysgeld van R10 000 geborg vir die eerste speler wat ’n ‘Hole-in-One’ behaal op enige syfer 3 putjie.
Dit bied ’n opwindende uitdaging vir élke speler om ’n groot tjek te kan ontvang.
Afslaantye word beplan vanaf 07:00-12:30.
Inskrywingsgeld is R200 per persoon wat die baanfooi, ’n worsbroodjie en ’n ete insluit.
Die huur van gholfkarretjies en joggies vir elke speler se eie rekening.
Inskrywings kan direk by Walkerpark Pro Shop gedoen word, skakel hulle by 074 259 1788.
Vir navrae skakel Patat Potgieter by 082 828 5467 of Johan Meyer by 082 787 7191.

Foto Tjek
Annemarie Third, Nico Higgs, ds. Coen Sutton en Marcha Strydom spog met die tjek wat gewen kan word.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here