Hoof vier 60ste verjaarsdag

0
1829
Neels Ferreira, het Woensdag sy 60ste verjaarsdag gevier. Hiér is hy saam met van die leerlinge Nicola de Beer, Teghan Keyser en Leandri Engelbrecht.

Neels Ferreira, hoof van Laerskool Goedehoop, het op Woensdag, 24 Augustus sy 60ste verjaarsdag gevier.
Die leerlingraad het in die vorm van ’n 60 op die rugbyveld gesit en gekleurde ballonne die lug ingestuur.
Elke leerling in die skool het ’n kolwyntjie gekry en die hoof se verjaarsdag saam met hom gevier.
Neels was in April al vir 20 jaar die hoof van Laerskool Goedehoop.
Hy het jare se ondervinding en het al as adjunkhoof by Laerskool Hoëveld gewerk, as waarnemende hoof en adjunkhoof by Laerkool Kruinpark en voor dit as onderwyser by skole in Pretoria en Kemptonpark.
“As ’n mens terugkyk op die 60 lewensjare en die 20 jaar as hoof van Laerskool Goedehoop, kan ’n mens nie anders as om God te dank vir die groot verantwoordelikheid en seën om ’n kind te kan dien nie,” het Neels gesê.
“Wat ’n voorreg is dit om met kinders te kan werk.
“As deel van ’n toegewyde en entoesiastiese Goedehoop-skoolgemeenskap, poog ons elke dag om waarde toe te voeg tot die onderwys van die kind en om aan God al die eer te gee.”
Neels word volgende jaar in April vir die eerste keer oupa en hy en sy vrou van die afgelope 34 jaar, Elize Ferreira, sien baie daarna uit.
In sy vrye tyd speel hy graag gholf of kampeer en hy sê die skool hou hom aan die gang.

Neels Ferreira, het Woensdag       sy  60ste verjaarsdag gevier. Hiér is hy saam met van die leerlinge Nicola de Beer, Teghan Keyser en Leandri Engelbrecht.
Neels Ferreira, het Woensdag sy 60ste verjaarsdag gevier. Hiér is hy saam met van die leerlinge Nicola de Beer, Teghan Keyser en Leandri Engelbrecht.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here